Liewe Gimmie
Atleek is ‘n baie unieke sportsoort, iets waar die hele skool betrek word.
Of jy daar op die baan is om te gooi, spring, of te hardloop, of jy daar op die
pawiljoen sit en saam geesvang—Jy is deel van dit alles!
Gimmies doen egter ‘n beroep op jou om wel te kom deel wees van dit al-
les. Ons het elkeen nodig, dit is vir ons as skool baie belangrik om goed te
doen, veral op Interhoër. Die plaaslike skole blaas in ons nekke en maak hul
reg vir die groot stryd — kom ons as Gimmies staan saam en wys hul hoe
word dit rêrig gedoen. Stel jouself beskikbaar en kom vir voorbereiding ook
vir jou wintersport. ‘n Goeie atleekseisoen vorm die basis vir ‘n briljante
winterseisoen.
Belangrike datums
Oefenkamp 4-12 Jan om 15:00
Skool begin 13 Jan (Woensdag)
Uitdunne(sportklere) 14 Jan (Donderdag)
Interhuis (spanklere) 15 Jan (Vrydag)
Tuis saam Hugenote 22 Jan (Vrydmassa)
UJ (Johannesburg) 29 Jan (Vrydag)
Potch Gim(Stadion) 6 Febr (Saterdag)
Aflosaand (DP) 9 Febr (Dinsdag)
NWU Top 10 10 Febr (Woensdag)
Pretoria 12 Febr (Vrydag)
Puk Top 10 17 Febr (Woensdag)
Interhoër (DP) 18 Febr (Donderdag)
Superinter (Germist) 23 Febr (Dinsdag)
Vaaldriehoek (DP) 26 Febr (Vrydag)
Gautengkamp. 4 & 5 Maart
SA Kampioenskappe 1619 Maart (Natal)
‘n Kort maar baie belangrike seisoen in
Gimmies se jaar. Mag jou Gimmiehart
warm klop.
Daar is in die vakansie ook oefening, ska-
kel met juf Danelle (0845549188)